Johan van der Waals (PhD Soil Science, Pr.Sci.Nat.) RealIPM South Africa
Die produksie van aartappels gaan gepaard met die bestuur van verskeie uitdagings wat gewoonlik verband hou met onder andere insek peste. Verskeie produkte word gebruik om insekte te beheer of uit te roei wanneer hulle reeds gevestig is maar voedingswanbalanse in die plante verhoog insek pes druk met ‘n gepaardgaande swakker doeltreffendheid. In die geval van oormatige N toedienings (en veral nitraat kunsmis) is van die bekendste peste witvlieg, bladmyner en aartappelmot.
RealIPM plaas klem op die vestiging van ‘n gesonde grondomgewing as wegspringplek vir aartappelproduksie. Hierdie denkfokus is die vetrekpunt met die implementering van RealIPM se hoogs effektiewe grond programme in die bestuur van geïntegreerde grondgesondheid, plantgesondheid en pes beheer. Die gevolg van ‘n gesonde wortel fokus met Real Trichoderma, optimale voeding en bevordering van grondbiologie is ‘n gesonder plant wat beter bestand is teen peste en wat beter kwaliteit moer produksie oplewer. ‘n Meetinstrument vir plant gesondheid is die bepaling van “brix”, of suiker vlakke in die blare. In die afgelope paar jaar word baie klem geplaas op die verbetering van blaar brix vlakke aangesien daar ‘n direkte verband is tussen hoër vlakke en plantgesondheid. Die brix vlakke in aartappels wat onderwerp is aan die RealIPM grondgesondheid benadering vertoon hoër brix vlakke as aartappels wat konvensioneel bemes word (Foto 1). In hierdie geval was daar ‘n direkte verband tussen die brix vlakke en verhoogde SG ontledings van die moere.
Dit is bekend dat hoë brix vlakke in plante lei tot verlaagde pes druk. Hierdie effek is ‘n kombinasie van 1) die feit dat hoë brix ‘n aanduiding is van optimale fotosintese en gepaardgaande metabolisering van N (wat dus laer N vlakke in die plant tot gevolg het) en 2) die onvermoë van meeste peste (wat verhoogde N vlakke as lokmiddel ervaar) om die hoë suikerinhoud plantsap te kan metaboliseer.

Foto 1 Blaar brix vlakke van RealIPM grondgesondheid benadering aartappel plante (link) en konvensionele kontrole behandelings (regs)
Saam met die bevordering van plant brix vlakke gebruik RealIPM programme wat die entemopatogeniese swam Metarhizium anisopliae (Real Metarhizium) insluit. Hierdie swam, en sy verskillende “strains” infekteer suigende en bytende insekte soos witvlieg (Foto 2). Terwyl Metarhizium plant peste aanval het dit geen effek op insek predatore nie. Dit blyk duidelik in gevalle waar witvlieg en aartappelmot op aartappels ten volle beheer is met Metarhizium en waar daar ‘n baie groot diversiteit en aktiwiteit van natuurlike predatore teenwoordig is (Foto 3). Suid Afrika is bedeeld met ‘n groot verskeidenheid insekte, en die gebruik van Metarhizium as hoof pes beheer middel in plaas gereelde harde chemiese middels, maak dit moontlik om van die natuurlike predatore in te span om betekenisvolle bydraes te maak tot pes beheer.

Foto 2 Volwasse witvlieg geïnfekteer met Metarhizium anisopliae (“strain” ICIPE 69)

Foto 3 Natuurlike predatore op aartappels wat behandel word met Metarhizium anisopliae (“strain” ICIPE 69). Die verskeidenheid sluit in wespes wat mot larwes parasiteer, besies wat plant luise vreet en spinnekoppe wat meer algemene jagters is.