Witluisbesmettings veroorsaak groot finansiële verliese. RealIPM se Real Metarhizium is ’n goeie oplossing.
Landbouweekblad, 18 November 2021
RealIPM se Real Metarhizium bekamp witluis by ’n verskeidenheid gewasse net so doeltreffendheid as chemiese middels (sien GRAFIEK ).
Real Metarhizium is geregistreer vir gebruik teen witluis by druiwe, appels, neute (bome), pere, avokado’s, steenvrugte, bessies en wortel-en knolgroentegewasse.
Onoordeelkundige chemiese spuitprogramme teen die seisoen se insekplae roei gewoonlik ál witluis se natuurlike vyande uit. Gevolglik neem die witluisgetalle later in die seisoen drasties toe. Met die regte keuse van chemiese en biologiese middels aan die begin van die seisoen word witluispredatore beskerm en word die grootste deel van die witluisbevolking deur hierdie roofinsekte bekamp.
’n Integrale deel van roofinsek-vriendelike programme is Real Metarhizium. Hierdie swam besmet witluis, maar nie die natuurlike en vrygelate vyande van witluis nie. Dus word die skaal in die guns van volhoubare plaagbekamping geswaai. Voorbeelde hiervan word in die foto’s geïllustreer.
Terwyl Real Metarhizium witluis besmet, het dit geen uitwerking op die volgende kommersiële witluis-roofinsekprodukte nie: Cryptolaemus, Nephus, Anagyrus en Perminutus.
Dus kan die boer met sukses ’n geïntegreerde program met Real Metarhizium en kommersiële predatore gebruik vir hoogs doeltreffende witluisbekamping, asook ander plae, soos blaaspootjie en dopluis.

Witluis by sitrus (links) en witluis wat besmets is met Real Metarhizium (regs).

Eiers van die natuurlike roofinsek glasogie (lacewing) op witluis by sitrus (links) en ’n glasogielarwe wat witluis vreet (regs).

’n Glasogie-larwe met witluisreste op sy rug vir kamoeflering (links) en ’n glasogielarwe met die reste van witluis wat met Real Metarhizium besmet is sonder om die larwe te besmet op sy rug (regs).

’n Vrygelate Anagyrus-wespe wat witluis parasiteer met sy kokon in ’n witluisskelet (links) en dieselfde wesp se kokon tussen witluis wat deur Real Metarhizium doodgemaak is (regs) sonder nadelige gevolge vir die wesp.