Pieter Rheeder en sy familie woon op sy plaas ‘n ent buite Bultfontein. Hy is ‘n derdegeslag boer wat grootgeword het met die beoefening van tradisionele boerderypraktyke op droëland. Toe hy die boerdery oorgeneem het, het hy besluit om sy boerderymoontlikhede uit te brei tot koringverbouïng onder spilpuntbesproeiïng. Met die toepassing van standaard boerderypraktyke was dit wel vir Pieter moontlik om voldoende oesopbrengste te verseker, maar nadat hy egter die video’s van Gabe Brown en Ray Archuleta, twee bekende grondkundiges van die Verenigde State van Amerika, op Youtube gesien het, het Pieter nuuskierig geword oor alternatiewe boerderymetodes wat hy moontlik op sy plaas kon volg. Bogenoemde twee wetenskaplikes is voorstanders van volhoubare en herlewingsboerderypraktyke wat hulle ook in hulle boerdery toegepas het. Hulle inspirerende video’s het ‘n aantal vrae by Pieter laat ontstaan oor hoe hy moontlik self soortgelyke praktyke op sy plaas kon ondersoek en instel. Aangesien Gabe en Ray ongelukkig in die Verenigde State onder algeheel anderse klimatologiese toestande as in Suid-Afrika geboer het, was dit vir Pieter moeilik om soortgelyke strategieë met dieselfde gewasse op sy plaas toe te pas. Hy het besef dat hy na ‘n plaaslike oplossing moet soek wat vir sy plaas sal werk, asook die vind van produkte wat geredelik in Suid-Afrika beskikbaar is.

Pieter se buurman het reeds sukses behaal met die wegbeweeg vanaf standaard bespuitingsprogramme en metodologie na geïntegreerde en herlewingsboerderypraktyke. Hy het Pieter aangeraai om met Malvenn by realIPM in verbinding te tree rakende ‘n moontlike oplossing. Pieter het ingewillig om met realIPM ‘n gesprek te voer oor die pad vorentoe, maar genoem dat dat hy ook ander verskaffers van biologiese produkte by ‘n ondersoek wil betrek. Daar is besluit op ‘n vergelykbare ondersoek tussen ‘n realIPM- toediening en ‘n ander maatskappy se bemestingsproduk wat deur sy spilpunt op ‘n koringaanplanting toegedien sou word. Op lande wat volgens sy standaardmetode voorberei is, het Pieter aan realIPM en ‘n ander bemestingspaatskappy die geleentheid gebied om hulle programme op die proef te stel. Beide maatskappye se aansprake sou aan die einde van die seisoen geëvalueer word.

Malvenn het realIPM se saadbehandelingsprogram gevolg om die plante se voedingsopname te verhoog. Dit sou opgevolg word met blaartoedienings tydens kritiese groeistadiums. Om die toedieningshoeveelheid van bemesting te verlaag, sowel as om die beskikbaarheid van stikstof in die grond aan plantwortels te verhoog, het hy humate by die grondtoegediende bemesting gevoeg. Op realIPM se proefgedeelte van die ondersoek kon Pieter daarin slaag om oor die verloop van die seisoen die hoeveelheid toegediende bemestingstowwe met tot soveel as ‘n derde te besnoei.

Tydens na-oes-evaluering kon Pieter die insetkostes vergelyk tussen sy gewone boerderymetode, die metodes van die ander bemestingsmaatskappy en dié van realIPM. Ten spyte van ‘n uiters moeilike seisoen met buitengewone hoë reënval, wat fusariumbesmetting en vrotpootjie in gedeeltes van sy lande tot gevolg gehad het, het die realIPM proefgedeelte die beste gevaar, met geen tekens van vrotpootjie nie en fusariumbesmetting teen minder as die helfte van dié van die ander proefgedeeltes. Die finale berekenings dui op ‘n 30% verlaging in insetkostes by die realIPM proefgedeelte en ‘n verhoging van een ton in die oesopbrengs bo dié van die ander proefgedeeltes. Daar is bereken dat die algehele opbrengs op belegging (“ROI”) op Pieter se standaard boerderymetode 103% was, terwyl daarin geslaag is om 236% op die realIPMprogram te behaal.

Bogenoemde syfers moet beslis met die nodige erns bejeen word. Dit noop Pieter nou om ‘n omvattende herlewingsbenadering tot sy boerderymetodes te volg. Hy verduidelik dat hy vorentoe daarna gaan streef om geen bewerking (“no-till”) van sy lande te doen, om dekgewasse te vestig en intensiewe beweidingspraktyke tydens die braakseisoen te volg. Malvenn en die realIPMspan is opgewonde om hierdie pad saam met Pieter te stap en sien daarna uit om van verdere suksesse op die plaas te verneem.

Indien u Malvenn, of enige ander verteenwoordiger van realIPM se Vrystaatspan wil raadpleeg, skakel asseblief met Johnnie, realIPM se Streekbestuurder vir die Vrystaat en Noord-Kaap, by +27 (71) 898 0513.