Sitrus-swartvlek (Fotos: Desireé Fourie)

Die gebruik van Real Trichoderma is ‘n nuwe deurbraak in sitrus-swartvlek (SSV) beheer.

Sitrus-swartvlek (Fotos) is ‘n fitosanitêre swam infeksie wat ekonomiese implikasies inhou vir sitrusprodusente. Die infeksie word veroorsaak deur die swam Guignardia citricarpa wat in sitrus boorde groei en oorleef in die grond en op plant reste / organiese materiaal. Die swam is een van verskeie swamme wat natuurlik voorkom en waarvan die lewensiklus voltooi word deur die vrystelling van spore (askospore) uit die grond en vanaf geïnfekteerde plantmateriaal (takke, blare en vrugte), wat dan weer ander dele van die plant en grond koloniseer. Askospoor produksie is hoog in nat en klam tye, wat dan ook die hoogste risiko tye is vir infeksie van vrugte.

Deur die gebruik van sintetiese swamdoders in beheer programme word die SSV onderdruk op die bome en vrugte. Die plant en organiese materiaal is egter ‘n gasheer vir die swam en dus sal die swam vinnig weer sy verskyning maak as sy natuurlike kompetisie ook deur die swamdoders onderdruk word. Tans word sitrusprodusente gekonfronteer met die vermindering van sintetiese swamdoder opsies deurdat chemiese middels toenemend verwyder of verban word in baie van die oorsese markte. Hierdie probleem word in baie produksiestelsels aangespreek deur die toediening van ‘n reeks biologiese agente wat insluit voordelige swamme en bakterië. Hierdie voordelige organismes wissel in hul invloed op en beheer van patogeniese swamme soos Phytophthora, Pythium, Fusarium, Botrytis en Guignardia (SSV).

RealIPM is etlike jare al betrokke by ondersoeke na en implimentering van biologiese beheer programme in landbou. Een van hul produkte is Real Trichoderma, wat bestaan uit ‘n virulente stam van Trichoderma asperellum (TRC900) wat in Kenya geïsoleer is. Real Trichoderma word met groot sukses gebruik om swam infeksies van Phytophthora, Pythium, Fusarium, Botrytis (en nog meer) te beheer. RealIPM het in 2014 reeds met ‘n intensiewe navorsingsproram op SSV begin waar behandelings met ‘n verskeidenheid produkte gedoen is en spoor tellings met spoorvangers en onafhanklike laboratoriums bepaal is. Die ondersoeke het begin met onder andere grondtoedienings van Real Trichoderma in breë swambeheer en grondgesondheid programme en het ontwikkel tot hoogs effektiewe geïntegreerde grond- en blaartoedienings programme.

In ‘n intensiewe ondersoek oor vier seisoene in die Letsitele omgewing is ‘n maandelikse grondtoediening van Real Trichoderma vergelyk teen die protokol SSV behandeling soos voorgeskryf deur die Departement van Landbou Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD). Spoorvangers is gebruik om die aantal spore in die lug binne die behandelingsareas te bepaal. Spoortellings en verslagdoening is behartig deur ‘n onafhanklike laboratorium. Die data (Figuur 1) wys dat die gebruik van Real Trichoderma ‘n hoogs betekenisvolle afname in spoor tellings, van tussen 50 en 80 %, tot gevolge gehad het teenoor die kontrole (industriestandaard).

 

Figuur 1 Real Trichoderma grondtoediening teen protokol behandeling met vrygestelde SSV spore

In opvolg navorsing is twee areas (Limpopo en Mpumalanga provinsies) onderwerp aan ‘n grond en blaar toedienings program met Real Trichoderma oor twee en drie seisoene onderskeidelik. In hierdie gevalle is pakhuis tellings van SSV gemonitor tydens pluk en verpakking met die Real Trichoderma program wat deurgaans geen SSV treffers gehad het nie (Figuur 2).

 

Figuur 2 Proef perseel SSV tellings in pakhuis met Real Trichoderma grond en blaar program

Uit die navorsing blyk dit duidelik dat Real Trichoderma hoogs effektief is in die onderdrukking van SSV spore en infeksie. Die meganisme is hoofsaaklik een van kompetisie in die grond en blare asook, volgens beskikbare literatuur, aktiewe onderdrukking. Real Trichoderma vestig in die grond en in en om plant wortels as ‘n baie aktiewe groeier en neem ruimte in wat andersins deur patogeniese swamme gekoloniseer sou word. Net soos Real Trichoderma suksesvol gebruik word teen ‘n reeks swamme blyk dit dat SSV ook suksesvol onderdruk en beheer word. Met die vermindering van chemiese opsies is Real Trichoderma ‘n integrale deel van geïntegreerde pes beheer strategië in die grond en bogrondse gedeeltes.

Real Trichoderma word soomloos geïntegreer met ‘n verskeidenheid bespuitings programme. Klem word egter gelê op kombinasies wat die behandelings optimiseer asook grondgesondheid insette wat die Real Trichoderma se werking in die grond bevorder. Die gebruik van dekgewasse en deklae met vermindering van sintetiese swamdoders lei tot gesonde grond en plante met ‘n diverse biologie wat deur Real Trichoderma bevorder word

Begin vandag nog jou pes beheer sukses met Real Trichoderma.