Foto 1 Witluis op wingerd / Donsskimmel op Druiwe
RealIPM se biologiese produkte beheer witluis, Botrytis en donsskimmel in wingerde.
Witluis infestasie asook Botrytis en donsskimmel infeksie van druiwe in wingerde (Foto 1) veroorsaak groot finansiële verliese deur verwerping en bederf van druiwe. Chemiese middels, wat wissel in doeltreffendheid, word toenemend onaanvaarbaar in verskeie markte en is blootgestel aan die ontwikkeling van weerstand deur onoordeelkundige gebruik. Die industrie is tans op soek na alternatiewe en die toevoeging van biologiese beheer middels is ‘n betekenisvolle stap in die rigting van volhoubare druiwe produksie. As leier in die biologiese pesbeheer industrie is RealIPM gefokus op ontwikkeling van suksesvolle biologiese programme vir die beheer van witluis, Botrytis en donsskimmel.
Beheer van witluis word bewerkstellig met die swam produk Real Metarhizium 69 (Metarhizium anisopliae stam ICIPE 69 – onlangs geregistreer vir witluis op druiwe). Die effek op witluis is betekenisvol dieselfde as geregistreerde chemiese middels (Figuur 1) met die verskil dat daar geen onthoudings periode, nadelige effek op witluis predatore en chemiese residuë is nie. Deur Real Metarhizium met die korrekte chemiese middels te meng in spuit programme word ontwikkeling van weerstand deur peste teë gewerk. Die meganisme behels dat die populasie van die pes, wat nié deur die chemiese middel gedood word nie, wel deur die Real Metarhizium gedood word met die gevolg dat die populasie wat weerstand bou betekenisvol verminder.

Figuur 1 Doeltreffendheid van Real Metarhizium 69 behandeling teenoor onbehandelde kontrole en chemiese middels

Foto 2 Real Metarhizium 69 infeksie van witluis
Beheer van Botrytis en donsskimmel word bewerkstellig met die swam produk Real Trichoderma (Trichoderma asperellum stam TRC900 – geregistreer vir Botrytis en donsskimmel op druiwe) (Figuur 2). Die aanbevole dosis van 200 ml/ha van die spoor suspensie in ‘n spuit program bied dieselfde of beter beheer as ‘n algemene chemiese behandeling, weereens met die verskil dat daar geen onthoudings periode is nie. Real Trichoderma het die bykomende voordeel dat dit algemene plant gesondheid en groei bevorder asook ander nadelige swamme, soos witroes, onderdruk.

Figuur 2 Doeltreffendheid van Real Trichoderma behandeling teenoor onbehandelde kontrole en chemiese middels op Botrytis en donsskimmel
Beide Real Metarhizium 69 en Real Trichoderma is organies gesertifiseer en kan geredelik in organiese druiwe produksie stelsels gebruik word, sonder chemiese middels, met baie hoë doeltreffendheid.
RealIPM lewer ‘n geïntegreerde benadering tot pes beheer en plant gesondheid vir optimale gewasproduksie. Hierdie beheer word bewerkstellig deur gereelde besoeke aan die boer en sy lande met intense en deurlopende evaluering van pes druk en plant gesondheid. Die basis van geïntegreerde pes beheer behels die korrekte keuse van middels wat die boer se oes beskerm sonder om nadelige impakte op die verbruiker of die omgewing te hê. Begin jou omgewingsvriendelike gewasproduksie avontuur vandag nog deur RealIPM te kontak.